VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Departement van Gesondheid sê bykomende versterkingsdosisse van die Pfizer COVID-19 entstof is van vandag af vir Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse burgers bo die ouderdom van 50 beskikbaar. Dié bykomende versterkingsdosis kan toegedien word aan diegene binne hierdie ouderdomsgroep wat ten minste 120 dae of vier maande terug hul laaste COVID-19-inenting ontvang het. Volgens die Departement het meer as sewe-miljoen mense van dié ouderdomsgroep reeds hul volle inentings ontvang. Departementele woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle doen ‘n beroep op diegene wat nog nie hul entstowwe of versterkingsdosisse ontvang het nie om dit so gou as moontlik te doen.
FOTO: (Verskaf)

Comments