VAALDRIEHOEK - Bedrog en swendelary in Suid-Afrika neem skynbaar toe, veral teen die agtergrond van rekordhoë werkloosheidsvlakke en armoede. Volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Bank Risiko-inligtingsentrum, Nischal Mewalall, het gevalle van bedrog in die eerste kwartaal vanjaar met 71% die hoogte in geskiet, vergeleke met die eerste kwartaal verlede jaar. Daar was ook ‘n groot toename in die aantal betalings wat as gevolg van aanlyn-bedrog gemaak is.
(FOTO: Verskaf)
Comments