top of page
Search

Vanderbijlpark Sektor 3 CPF vind gesteelde motorfiets in Bopehlong

BOPHELONG - Die Vanderbijlpark Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum het ‘n gesteelde motorfiets teruggevind nadat dit die laaste keer in Bophelong gesien is. Die CPF sê in ‘n verklaring hy het verlede week inligting oor die gesteelde motorfiets ontvang na 'n opsporingsmaatskappy Bophelong as die motorfiets se laaste ligging aangemeld het. Die sektorbestuurder, asook lede van JH Tactical en die Vanderbijlpark SAPD, is na die area uitgestuur en het die informele perseel genader. ’n Man wat op die perseel was het gevlug toe beamptes hom nader. Sommige van die beamptes het hom agternagesit, terwyl ander die gebou deursoek het en die gesteelde motorfiets waar dit weggesteek was, gevind het. Die verdagte is vasgetrek en gearresteer. Die Sektor 3 CPF sê dit is nog 'n voorbeeld van die positiewe impak wat goeie kommunikasie tussen alle belanghebbendes en die SAPD kan hê.

FOTO'S: (CPF Vanderbijlpark Sector 3 op Facebook)



8 views0 comments
bottom of page