VAALDRIEHOEK - Die aktivistegroep #PaytheGrant glo die Maatskaplike Sekuriteitsagentskap, SASSA, sal nie die nodige agtergrondondersoeke doen om te bepaal wie geregtig is op sy Verligting van Maatskaplike Nood-toelae nie. Dit is as gevolg van die nuwe ‘middelle-toets’, wat sal gebruik word om te bepaal wie geregtig is op die maandelikse gelde. Onder die nuwe toets sal enigiemand wat selfs net R350 se finansiële ondersteuning ontvang, uitgesluit word. Die koördineerder van die #PaytheGrant organisasie, Elizabeth Raiters, sê almal wat die afgelope twee jaar gekwalifiseer het, sal nie noodwendig in die nuwe boekjaar toegang tot die toelae hê nie. Volgens Raiters staaf amptenare beperkte geldelike bronne as hulle hoofbeweegrede vir dié nuwe proses, omdat hulle vrees dat die begroting van R44-miljard nie voldoende sal wees om almal te bereik wat na verwagting aansoek sal doen nie.
FOTO: (Verskaf)
Comments