top of page
Search

Die VF Plus behaal ‘n politieke oorwinning binne die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus in die Vaaldriehoek sê hulle het ‘n politieke oorwinning behaal toe daar beslis is dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit ongrondwetlik opgetree het deur sy nuutste finansiële begroting goed te keur sonder ‘n meerderheid stemme. Die ANC-geleide munisipaliteit het dié 2022/2023 begroting ingestem met slegs 42 uit die 90 stemme. Volgens ‘n verklaring sê die VF Plus die Nasionale Tesourie het die munisipaliteit se Speaker, Sibongile Soxusa, opdrag gegee om voor die einde van volgende maand ‘n vergadering te belê waar die begroting weer ter tafel gelê moet word. Die party sê indien die meerderheid van die raadslede nie vir die begroting stem nie, sal die stadsraad noodgedwonge ingevolge van die Grontwet moet ontbind en ‘n tussenverkiesing sal binne 90 dae moet plaasvind.

FOTO: (Verskaf)


11 views0 comments
bottom of page