top of page
Search

Die VF-Plus gee te kenne ELM het ‘n onbefondsde begroting goedgekeur

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus sê die ANC-beheerde Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het verlede week, met die hulp van sommige opposisiepartye, die munisipaliteit se onbefondsde begroting vir die 2022/2023-finansiële jaar goedgekeur. Volgens VF-Plus raadslid Gerda Senekal, het die ANC-koalisie, wat uit 42 raadslede bestaan, ‘n geheime stemming aangevra waarna 48 stemme ten gunste van die begroting uitgebring is. Die VF Plus sê in ‘n verklaring hulle het die raad gewaarsku dat ‘n onbefondsde begroting dienslewering verder negatief sal beïnvloed. Senekal sê die party kan nie ‘n begroting steun wat belastingbetalers verder onder finansiële druk plaas en wanadministrasie aanmoedig nie.

FOTO: (Verskaf)


17 views0 comments
bottom of page