top of page
Search

Betalingstwis tussen Eskom en Oracle stel land in gevaar

VAALDRIEHOEK - Eskom het gewaarsku dat die hele land se krag dalk afgeskakel kan word, en die keer is dit nie as gevolg van opwekkingsvermoë nie. Die kragreus het in ʼn hofstuk aan die hooggeregshof in Johannesburg verduidelik dat ʼn twis oor betaling met die Amerikaanse IT-maatskappy, Oracle, die land heel moontlik in gevaar kan stel en talle munisipaliteite dalk sonder krag kan sit. Oracle dreig om hul dienste op te skort weens die twis van betaling. Eskom het die hof genader om so ʼn situasie te vermy, maar die hof het die aansoek van die hand gewys. Die kragopwekker sê hy sal nou aansoek doen om verlof tot appèl.

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments
bottom of page