top of page
Search

Cipla herroep sommige van sy Coryx-keelsproeie

VAALDRIEHOEK - Cipla herroep van sy gewilde Coryx-keelsproeie weens ‘n meganismefout op die spuitkop. Die farmaseutiese maatskappy sê die rede vir die produkherroeping is te wyte aan die moontlikheid dat die spuitkop los kan kom van die spuitmeganisme tydens gebruik, wat daartoe kan lei dat dit in ‘n individu se keel kan vassit. Verbruikers in die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika word versoek om die produk terug te vat na apteke vir ‘n volle terugbetaling. Die Uitvoerende Hoof van Cipla Suid-Afrika, Paul Miller, sê die veiligheid en welstand van verbruikers is hulle hoogste prioriteit.

FOTO'S: (Verskaf)




6 views0 comments
bottom of page