top of page
Search

Die Mededingingskommissie verlaag die koste van antigeen COVID-19 toetse na R 150,00

VAALDRIEHOEK - Vinnige antigeen-toetse vir COVID-19 mag nie langer meer as R 150,00 ( BTW ingesluit) kos nie. Die Mededigingskommissie en Suid-Afrika se drie grootste private patologie-groepe, PathCare, Lancet Labs en Ampath Laboratories, het ooreengekom op dié prysverlaging, wat onmiddellik in werking tree. Die nuwe prys sal vir die volgende twee jaar van krag wees. Die Departement van Gesondheid het beswaar gemaak teen die feit dat private laboratoriums in die verlede tot R 350,00 vir ‘n vinnige antigeen-toets gevra het.

FOTO: (Verskaf)



10 views0 comments
bottom of page