top of page
Search

Die Reserwebank sal na verwagting die rentekoers met 50 basispunte verhoog

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee sal na verwagting ‘n verhoging van 50-basispunte in rentekoerse aankondig. Vyftien van die 20 ekonome in ‘n Bloomberg-opname voorspel ‘n verhoging van ‘n halwe-persentasiepunt, met die res ‘n kleiner 25 basispunt-verhoging. Dit sal die prima-uitleenkoers tot 8,25% verhoog. Gister se inligting het getoon inflasie was in April bestendig op 5,9%. Verbruikers kan hulle intussen ook gereed maak vir ‘n skerp styging in brandstofpryse volgende maand.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Comentários


906 VCR BANNER.png
bottom of page