top of page
Search

Die verhoogde rentekoers jaag huiseienaars nog rande uit die sak

VAALDRIEHOEK - ‘n Tussenganger vir huislenings, ooba, sê sy data toon die verhoging in die rentekoers, met 25 basispunte verlede maand tot 3,75 %, beteken dat die meeste huiseienaars in Suid-Afrika vir ‘n verhoging van nagenoeg R 200,00 op hul maandelikse premie op hul verband moet begroot. Die bestuurshoof van die Ooba-groep, Rhys Dyer, sê die verhoging sal slegs ‘n beperkte uitwerking hê op die volgehoue vraag na huislenings. Dyer sê dit is omdat die maandelikse premie op ‘n lening van R 1-miljoen met R 151,00 sal styg tot R 7 904,00.

FOTO: (Verskaf)



13 views0 comments
bottom of page