top of page
Search

Die VF-Plus prys die Meyerton-gemeenskap vir hul klopjag op dwelmhuise

MEYERTON - Die Vryheidsfront Plus sê die harde werk van Sedibeng-misdaadsintelligensie gaan nie ongesiens verby nie. Dit volg nadat polisielede in samewerking met reserviste en privaat veiligheidsmaatskappye onlangs ‘n klopjag op verskeie beweerde dwelmhuise in Meyerton uitgevoer het. Tydens die klopjag is daar beslag gelê op nagemaakte vuurwapens, ammunisie en dwelms. Die dwelms het onder andere tik en ‘n groot hoeveelheid dagga ingesluit. Een persoon is ook tydens die klopjag in hegtenis geneem. Die VF-Plus se Kobus Hoffman sê dit is goed om, in die lig van die stygende misdaadsyfer in Gauteng, te sien dat daar nog polisielede is wat skouer aan die wiel sit om misdaad te bekamp.

FOTO: (Courier Newspaper op Facebook)


10 views0 comments
bottom of page