top of page
Search

Ladles Of Love brei hul voedingsprogram na die Vaaldriehoek uit

ORANGE FARM - Die Kaapstadse organisasie sonder winsbejag, Ladles of Love, het sy voedingsprogram na verskeie dele van Gauteng, insluitend die Vaaldriehoek, uitgebrei. Gemeenskapsorganisasies in Orange Farm is onder die 16 gekose begunstigdes, te same met organisasies in Alexandra, Tembisa, Munsieville in Krugersdorp en Soweto. Die organisasie se stigter, Danny Diliberto, sê die begunstigdes sluit in sentrums vir vroeëkinderjare-ontwikkeling, ligaamlik- en geestesgestremdes en bejaardes. Ladles of Love is in 2014 gestig en ondersteun tans 134 sopkombuise in die Kaapse Skiereiland.

FOTO: (Verskaf)


6 views0 comments
bottom of page