top of page
Search

Man verander sy plakkershut in ‘n pizzahut

ORANGE FARM - ’n Man van Orange Farm in die Vaaldriehoek het sy plakkershut in ’n geliefde pizzahut verander. Themba Limekhaya het pizza begin maak om armoede te stuit, maar nou kom mense van so vêr as Midrand en Centurion om sy besigheid, Mkhukhu Pizza te ondersteun. Hy sê hy het al baie sakevoorstelle ontvang van mense wat aandele in sy onderneming wil koop. Limekhaya sê pizza is ‘n luuksheid en hy was vasberade om vir die mense in Orange Farm ‘n goedkoper opsie daarvoor te bied. Sy duurste pizza kos R 55.

FOTO: (News24)


4 views0 comments
bottom of page