top of page
Search

Midvaal Plaaslike Munisipaliteit herinner inwoners om die 2022 sensusopname te voltooi

MIDVAAL - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit herinner alle inwoners om die Nasionale Sensusopname te voltooi voor die sperdatum 31 Mei. Die Sensusopname is belangrik in die proses om fondse aan provinsies en munisipaliteite toe te ken. Die data word ook gebruik om te bepaal waar skole, klinieke en behuising opgerig moet word, asook om te sien waar die water-, elektrisiteit- en rioolinfrastruktuur opgegradeer of aangebring moet word. Inwoners kan wag vir ‘n Sensus-veldwerker om hulle te besoek of die vraelys aanlyn op www.getcounted.statssa.gov.za invul.

(FOTO: Midvaal Local Municipality op Facebook)




7 views0 comments
bottom of page