top of page
Search

Motoriste in die Vaaldriehoek teen misdaadsindikaat op die R59 gewaarsku

KLIPRIVIER - Die Kliprivier SAPD doen 'n beroep op alle motoriste in die Vaaldriehoek wat van die R59 gebruik maak, om waaksaam te wees wanneer hulle op dié pad reis. Volgens die Alberton Rekord word motoriste aangeraai om nie af te trek wanneer hulle enige meganiese probleme ervaar nie, maar eerder na 'n veilige plek te ry voordat hulle stilhou. Sersant Ndhambi Tintswalo sê hulle is bewus van 'n sindikaat van vyf mans wat motoriste tussen die Randvaal-afrit en die Kliprivier-afrit terroriseer.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments
bottom of page