top of page
Search

‘n Sewe-jarige van Meyerton dans haar pad oop tot op die Wêreldverhoog

MEYERTON - ‘n Sewe-jarige danser van Meyerton gaan Suid-Afrika by die 2022 Danswêreldbeker in Spanje verteenwoordig. Lizay Koekemoer is een uit ‘n handjie-vol dansers vanuit die Vaaldriehoek, wat by dié prestige byeenkoms hul talente sal ten toon stel. Netwerk24 berig die sewe-jarige Koekemoer oefen ses dae per week ter voorbereiding van die byeenkoms. Sy is ook deur ‘n talentagentskap in Los Angeles genader om verdere oudisies in die VSA af te lê, waar sy moontlik rolle in films of ander produksies kan losslaan. Lizay se ouers sê sy laat haar egter nie deur die druk onderkry nie en sien daarna uit om haar beste te lewer. Die Danswêreldbeker vind vanaf 24 Junie tot die 02 Julie 2022 in San Sebastian, Spanje, plaas en 7 000 dansers vanuit 62 lande sal daar kragte meet.

FOTO: (Netwerk24)


16 views0 comments
A New Design (1) (1).jpg
bottom of page