top of page
Search

Nasionale Taxi Alliansie sê eienaars word gedwing om tariewe te verhoog

VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Taxi Alliansie sê taxi eienaars sal gedwing word om tariewe te verhoog, weens die onlangse brandstofverhoging. NTA-woordvoerder Theo Malele sê brandstofverhogings plaas meer druk op hul lede en baie taxi eienaars sukkel om die maandelikse paaiemente op hul voertuie te betaal. Malele het gevra dat taxiverenigings bewus moet wees van die uitwerking op pendelaars as hulle beplan om tariewe binne die volgende paar weke te verhoog. Intussen het E-taxi-operateurs ook hul kommer uitgespreek oor die jongste brandstofprys-verhogings, wat ook ‘n reuse uitwerking op hul bedrywighede sal hê. Woordvoerder Vhatuka Mbelengwa sê E-taxi bestuurders, soos die van Uber, werk reeds teen ‘n verlies weens die hoë kommissies wat ondernemings aftrek.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments
bottom of page