top of page
Search

Opposisiepartye verwerp die Nasionale Gesondheidsversekering Wetsontwerp

VAALDRIEHOEK - Die EFF en VF Plus het tydens ‘n stemming in die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Gesondheid, die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, beter bekend as die NVG, in sy geheel verwerp. Die meerderheid van die ANC in die Portefeuljekomitee oor Gesondheid, het ten gunste van die wetsontwerp gestem, terwyl opposisiepartye dit verwerp het.


Die EFF sê die huidige Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp, erken nie die verskil wat tussen die openbare en privaat gesondheidsorg-sektore bestaan nie.


Die VF Plus het intussen gevra dat die meer as 338-duisend kommentare wat skriftelik deur belanghebbendes ingedien is, ondersoek moet word, om te sien hoeveel daarvan ten gunste van en hoeveel gekant teen die Wetsontwerp is.


Die Wetsontwerp sal nou in die Parlement debatteer word, waarna gestem en dit waarskynlik aanvaar sal word.

(FOTO: Verskaf)



5 views0 comments
bottom of page