top of page
Search

Sasolburg babahuis sluit sy deure

SASOLBURG - Die Angel Wings veilige hawe vir babas in Sasolburg, het na 4 jaar sy deure gesluit. Een van die stigterlede, Annemie Schoeman, sê die sluiting volg op hul moedeloosheid en frustrasie met die amptelike owerhede, insluitend die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se takke in beide Bloemfontein en Sasolburg. Netwerk24 berig dié organisasie sonder winsbejag wat in 2018 tot stand gekom het, het hawelose babas ingeneem en versorg totdat hulle na pleeg of aanneemouers kon gaan. Gedurende sy bestaan het Angel Wings 30 babas suksesvol laat aanneem. Schoeman sê egter hulle het alles opgepak en toegemaak, na jare se pogings om as ‘n kinder- en jeugsentrum te registreer. Volgens Schoeman het amptenare van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gedurende die tyd hul aansoekleêr verloor, nie opgedaag vir vergaderings nie en nie gereageer op e-posse of telefoonoproepe nie. Die Sondagnuusblad, Rapport, het navrae aan die Departement gerig, maar het geen antwoord terug ontvang nie. Schoeman sê sy kan nie help om te wonder oor die lot van die laaste seuntjie wat in die huis oor was en die talle ander Vaaldriehoekse babas vir wie sy nie meer ‘n uitkoms kan bied nie.

FOTO'S: (Netwerk24)



6 views0 comments
bottom of page