top of page
Search

Twee kinders onder die wat sterf in R82 ongeluk

VAALDRIEHOEK - Paramedici sê drie mense, insluitend twee kinders, het gesterf na ‘n motorongeluk op die R82 buite Viljoensdrift, Vaaldriehoek. ER24 sê hulle paramedici het omstreeks 21:24 op die toneel gekom toe Provinsiale Dienste reeds op die toneel was. Een ligte motorvoertuig was in die pad, terwyl die ander een aan die kant van die pad tot stilstand gekom het. ‘n Vrou en ‘n dogtertjie, wat glo drie jaar oud is, was in die een voertuig vasgekeer terwyl ‘n 7-jarige seuntjie buite die voertuig gelê het. ER24 sê al drie van hulle het in daardie stadium reeds aan hulle beserings omgekom. Niks kon meer vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar. ‘n Insittende van die ander voertuig is deur Provinsiale Dienste behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. ER24 sê die besonderhede rondom die voorval is nog onbekend.

FOTO: (ER24)


16 views0 comments
bottom of page