top of page
Search

Vereeniging For Change betoog oor swak dienslewering

VEREENIGING - Vereeniging For Change sê "Genoeg is Genoeg". Die organisasie betoog vanoggend in die Vereeniging middestad oor swak dienslewering vanaf die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, asook die Vereeniging SAPD. Die optog begin om 08:00 vanoggend en duur to 10:00 voort. Individue wat by die betoging wil aansluit kan op die hoek van De Villiers- en Voortrekkerstrate bymekaar kom. Motoriste in die omgewing word ook versoek om die area te vermei, aangesien Voortrekkerstraat afgespêr word. Polisiedienste sal op die toneel wees.

(FOTO: Bono-Styling op Facebook)


4 views0 comments

Comments


bottom of page