Search

Versterkingsdosisse vir die Johnson en Johnson inenting is vanaf vandag beskikbaar

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n tweede dosis van die Johnson en Johnson COVID-19-entstof goedgekeur. Dié versterkingsdosis is van vandag af beskikbaar. ‘n Woordvoerder van die Reguleringsowerheid sê die Johnson en Johnson versterkingsinenting gaan toegedien word aan enigeen wat hul laaste dosis ten minste twee maande vantevore gehad het en verkieslik voor ses maande vanaf die oorspronklike dosis. Pfizer se versterkingsdosisse gaan vanaf 28 Desember vanjaar beskikbaar wees. Volwassenes wat dié entstof ontvang het, sal toegelaat word om hulle derde dosis ses maande na hul tweede dosis te ontvang. FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments