top of page
Search

VUT skort klasse op na studente 'n gebou tydens betogings afbrand

VANDERBIJLPARK - Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het alle klasse gister opgeskort na studente glo tydens betogings 'n kampusgebou aan die brand gesteek het. Volgens die Vaal Journal was die rede vir die betoging die nie-betaling van toelaes. In 'n verklaring het VUT studente en personeellede in kennis gestel dat alle akademiese aktiwiteite met onmiddellike effek opgeskort is en studente wat in Kampuskoshuise woon moes teen vanoggend ontruim. VUT se Visekanselier en Rektor, Professor Dan Kgwadi, het die Universiteit se geen-verdraagsaamheidsstandpunt oor akademiese ontwrigting en skade aan die instelling se infrastruktuur en bates herhaal. ’n Interne ondersoek is van stapel gestuur en strafregtelike klagte, asook dissiplinêre stappe, sal teen die oortreders geneem word.

FOTO'S: (Vaal Journal & VUT op Facebook)




8 views0 comments
bottom of page